88ha Leefstylplaas te koop
Hierdie netjiese 88ha leefstylplaas, geleë Kimberley, bied die perfekte kombinasie van rustige plaaslewe en gerieflike toegang tot die stad. Die eiendom is ideaal vir kleinskaalse boerdery, veeproduksie of as 'n rustige plattelandse toevlug.
Water en infrastruktuur:
• 2 boorgate
• 1 dompelpomp
• 1 windpomp
• 2 watertenks (2 500L en 5 000L)
Verbeterings:
• Netjiese 2-slaapkamer woonhuis
• 1 badkamer
• Oopplan sit- en leefarea
• Ruim motorhuis met plek vir 4 voertuie asook stoorplek vir gereedskap
• 2 stoorgeboue
• Potensiaal om 'n tweede woonhuis op die eiendom te ontwikkel
Boerderygeriewe:
• Plaas verdeel in 8 kampe
• Drade van die kampe is in goeie toestand
• Veehanteringsfasiliteite vir skape en bokke
Veldtipe:
Die plaas beskik oor 'n uitstekende kombinasie van Kameeldoringveld, Kalahariveld en sagte sandveld, wat uitstekende natuurlike weiding bied en dit ideaal maak vir kleinvee.
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir kopers wat op soek is na 'n goed versorgde leefstylplaas met goeie infrastruktuur, betroubare water en uitstekende boerderypotensiaal, net 'n kort afstand vanaf Kimberley.
Kontak ons vandag om 'n privaat besigtiging te reël.